Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

Namenico olivier
Date2006-08-29
Messageek is jammer, ek is hartseer saam met julle, ek dink aan julle, ek bid vir julle, en sal simon vir altyd onthou.
al my, en ons almal, se liefde
nico, nic, mariechen en clara


NameNico, Annemarie en Gesin
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
MessageOns innige simpatie en meegevoel vir julle as gesin. Ons dink aan julle in die tyd wat voorlĂȘ.

Die Krieglers


NameMelisa de Lange
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRadiokop
Moenie boodskap as "Private" merkSimon se gesin
MessageEk het my Pa op 23 Augustus 2004 aan Jesus afgestaan. Hy het ook kanker gehad. Dit is 2 jaar later en die trane het opgedroog, maar die onthou is nog vars in my geheue. Ek sien sy gesig voor my, ek ruik sy pyp se tabak soms om my en ek weet hy is weg van die wereld en sy mense maar vir altyd in my hart.

As julle wil huil moet julle huil, en as julle wil lag moet julle lag...gee uiting aan wat julle voel.

Elke dag word 'n bietjie beter.


NameLolliepop
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFairland
MessageWouter,Susan,Wouter(jnr),Abrie & Letitia

Ek begin tik, en dan is my vinger weer op die backspace knoppie. Ek het nie woorde om hierdie tyd vir julle makliker te maak nie. Sterkte met die alleentydjies, dis hulle wat kweekgrond vir hartseer is.

Ons harte gaan uit na julle toe, ons dink aan jul familie in hierdie moeilike tyd!


Louise & Louise


NameAND GOD SAID
Date2006-08-29
MessageI said, "God, I hurt."
And God said, "I know."

I said, "God, I cry a lot."
And God said, "That is why I gave you tears."

I said, "God, I am so depressed."
And God said, "That is why I gave you sunshine."

I said, "God, life is so hard."
And God said, "That is why I gave you loved ones."

I said, "God, my loved one died."
And God said, " so did mine "

I said, "God, it is such a loss."
And God said, "I saw mine nailed to a cross."

I said, "God, but your loved one lives."
And God said, " So does yours."

I said, "God, where are they now?"
And God said, "Mine is on My right and yours is in the Light."

I said, "God, it hurts."
And God said, "I know."

Posted on the wall at the Oklahoma City bombing site
<br>


NameIsabeau
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpWilropark
MessageAan almal wat diep geraak is deur Simon se lewe hier op aarde en nou ook vir ewig by die Here: Matt. 11:28 - Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

Baie liefde,
Isabeau, Ernst en gesin.


Namepetronella sonnekus
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/Dorpbft
MessageLiewe van Wyk gesin

"Om te lewe is vir my Christus, en om te sterwe is vir my 'n wins"

Julle bly in my gebede.

Petronella


NameDaan en Reinette van den Berg
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJhb
MessageLiewe Wouter, Susan, Wouter, Abrie en Leatitia

Ons harte gaan uit na jul elkeen in jul groot hartseer.
Mag ons Hemelvader jul toevou in Sy vertroostende liefde!
Lief vir julle.

Daan en Reinette


NameSelma en William Shipman
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpWeltevredenpark, Roodepoort
MessageLiewe Wouter, Susan en gesin,

Innige, innige simpatie. Woorde kan nie beskryf hoe ons voel nie. Ons wens julle die Here se krag en ondersteuning toe in hierdie donker dae. Susan, as jy wil jou hart uit praat, bel net - ek is daar vir jou. Ons hou Simon in ons harte vir ewig gekoester. So 'n wonderlike, brawe kind mag NOOIT vergeet word nie.

Baie, baie liefde,
Selma en William.


NameKlaas en Marthie du Toit
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageAan die van Wyk gesin

Woorde kan nie beskryf hoe innig ons meegevoel vir julle is nie . Net God se ganade en liefde, wat julle soveel van het , sal julle help deur hierdie moeilike tyd. Baie sterkte

Klaas , Marthie en Chante


Page 18 of 80 << First < 15 16 17 18 19 20 21 > Last >>