Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NamePetro en John-Michael Walker
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
Moenie boodskap as "Private" merkWouter, Susan, Wouter, Abri en Leatitia
MessageHello Julle

Ja vandag het ons nie woorde nie maar tog is ons so bly dat ons weet Simon het die regte keuses gedoen en dat hy nou op Jesus se skoot sit.

Baie sterkte aan jul almal en ek is so bly jul kon in die laaste weke soveel aandag en tyd aan Simon spandeer en dat almal meegewerk het om hom al die dinge te laat doen wat vir hom lekker was.

Ons sal Simon se spel in skaak en sy laggie mis. Dit was altyd vir my lekker om te luister as hy met sy maats of iemand om hom gesels want hy het so verstommend baie kennis oor sport en goed gehad dat ek altyd na sy siening daarvan geluister het.

Dink en bid vir julle.

Liefde

Petro en John-Michael


NameRichard Alexander
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpMarkethill, Northern Ireland
MessageDear Wouter, Susan and ALL the family

You are very very dear to us and we hate the thought of how your hearts are aching at this minute. You know that we love you all and pray that you will be given strength now. Words seem meaningless. We just wish we were there now to put our arms around you and bear your sorrow with you and cry our tears with you.

One of us has gone before the rest.

Words are stupid

We love you
Richard, Valerie, Graeme, Deborah and Eleanor Alexander


NameDeon vd Westhuizen
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageDit was so 'n groot voorreg om Simon te ken. Hy het ons geïnspireer, geleer van liefde vir jou medemens, waardering en woeker met jou talente en gawes wat God ons gegee het. Hy het ons gesin nader aan mekaar getrek en ons nader aan God. Hy het ons weer laat besef dat ons almal bestem is om te sterwe, maar deur Christus het ons die ewige lewe. Hy't ons geleer on dapper te wees, hoop te hê, positief te wees en te veg tot die einde. Simon ons gaan jou mis, maar jou NOOIT vergeet nie.
Wouter en Susan, julle kan so trots wees op hierdie fenomenale seun van julle. Julle het skitterende werk gedoen!! Mag die Here julle en ook vir Laetitia, Wouter & Abrie versterk en vertroos.

Deon, Marinda, Shané & Marisa


NameFouché en Wilna Williams.
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRegina
MessageOns is hartseer om te lees dat dit nie goed gaan met Simon nie.Dis so 'n donker pad om te stap en daarom bid ons vir God se nabyheid,elke oomblik,elke dag.

Fouché en Wilna.


NameLynne van Rensburg
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageWe are so sorry to hear about Simon. He was a son and brother you could be so proud of. We will remember him always as a strong, brave and loving boy, and an example to others. Our thoughts are with you. Simon, rest in peace.
Lynne


NameCuthbertsons
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJOBURG
MessageLIEWE VAN WYKS

ONS IS SO JAMMER VIR JULLE HARTSEER .

DINK ELKE OOMBLIK AAN JULLE .

LIEFDE

CUTHBERTSONS


NameBOTHA'S
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpWeltevredenpark
MessageDie Van Wyk-gesin.
Ons deel julle hartseer vannaand. Dood waar is jou angel ? Dankie vir die wete dat Simon rus vind by ons Hemelse Vader. Mag Hy julle almal vertroosting bied soos wat net Hy kan.

Sterkte

Dawie, Annalene & Morné


NameAnnelie van den Heever
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpValeriedene, Jhb
MessageMy hart huil vir julle van Wyks....

Totsiens Simon....


NameScholtz-gesin
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageLiewe Wouter, Susan, Wouter (jnr), Abrie, Laetitia en die hele Van Wyk- en Barnard familie wat altyd vir Simon sal lief wees en hom elke dag sal onthou:

So 'n hartseer is oneindig groot... wees nog steeds verseker van God se onbegryplike liefde, ook vanaand. Mag Hy julle elkeen in die besonder met sy liefde toevou en julle in hierdie tyd dra.
Ons is verslae en ons is saam met julle baie hartseer.

Liefdegroete
Ons almal: Francois, Karin, Friederike en Anton


Namevan der Merwes
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFairland
MessageWoorde is min, weet net dat ons elke dag in ons gebede aan julle dink. Baie liefde en sterkte.
Louis, Anna-Marie, Ansune en Schalk van der Merwe


Page 23 of 80 << First < 20 21 22 23 24 25 26 > Last >>