Ek gaan hierdie boodskappies mis waarmee ons met julle kon gesels, maar ons bid vir julle almal en al kan julle nie die boodskappies vir Simon voorlees nie, is ek seker hy lees dit daar waar hy nou langs Jesus sit.
Simon, al ken jou ouers, suster en broers ons nie persoonlik nie, sal ons elke dag aanhou bid vir hulle. Ons dink aan julle in hierdie dae en die dae wat voorlê, want Simon se herinneringe sal bly voorleef.
Name
Besters
Date
2006-08-31
Location
Stad/Dorp
Sydney
Message
As ek aan Simon dink,dan dink ek aan al die kere wat ons by julle huis gekom het en hy buite iewers aan die speel is en ons met sy rasper stemmetjie ontmoet.(Ek dink die stemmetjie het minder gerasper soos hy ouer geword het,maar ons het hom geken met sy rasperstemmetjie en dit het hom net nog dierbaarder gemaak,want mens wou hom in elk geval net heeltyd druk.)Hy was altyd vriendelik en opreg bly om ons te sien.'n Wonderlike eienskap,want kinders kan soms so op hulleself ingestel wees.Hy was altyd dieselle en dit was net lekker om in sy teenwoordigheid te wees.Sy liefde en passie vir die lewe('n kenmerk wat julle almal het)was regtig admirerend.Kyk,hy het nou nie in sy kamer rondgele nie.Hy het hierdie 14 jaar geleef!!
Baie liefde Besters
Name
lyn
Date
2006-08-31
Location
Stad/Dorp
Isando
Message
Ek en my gesin dink aan julle en bid vir julle, ek het so aan Simon gedink Maandag maar ons internet was af en ek kon nie dit gebruik het nie.
Rus in vrede Simon jy is nou by Jesus waar al jou pyn en lyding nou verby is.
Name
Jacques van der Westhuizen(Simon Neefie)
Date
2006-08-31
Location
Stad/Dorp
Pretoria
Message
Liewe Van Wykies
Dit is julle klein neefie Brat. Ek is baie jammer oor wat gebeur het en is ongellooflik lief vir julle. Ek is ook verskrikklik hartseer en ek gaan nooit weer lekker krieket speel nie want ek gaan die heelle tyd aan Simon dink. Soos ouma Letitia gese het ,nou's daar net ses bokkies nie meer sewe nie. Ek dink julle was vir hom n wonderlikke gesin en hy het sy lewe baie geniet. Mens kom nooit oor dit nie maar leer om saam met dit te leef. Ek weet ons gaan vir Simon baie mis. Ek weet ek gaan.
Baie Liefde Julle klein neefie krullkoppie
PS. Ek is verskriklik lief vir julle almal.
Name
monique
Date
2006-08-31
Location
Stad/Dorp
Delarey
Moenie boodskap as "Private" merk
Monique Pretorius (oud Dellie)
Message
Vir die Van Wyk Gesin
Geen woorde kan julle troos nie, maar ons weet dat Simon nou in vrede en sonder enige pyn rus. Baie sterkte vir die eensame dae wat voor le. Maar ons weet dat die Hemelse Vader vir ons berusting sal bring
Buks, Leonie Monique en Chantelle Pretorius
Name
Gudrun Lier
Date
2006-08-31
Location
Stad/Dorp
Florida
Message
Met groot hartseer het ek van die dood van Simon verneem, aangesien ek laas gehoor het dat dit beter met hom gaan toe ek nog self met jou, Wouter gepraat het. Ek is seker, julle sal hom geweldig mis en die smart van 'n ouer wat so 'n kind moet verloor is beslis geweldig. Maar watter troos, dat julle weet waarheen hy julle vooruitgegaan het. Nou is een van julle kroos al veilig by die Here Jesus.
Ek bid vir julle.
Gudrun
Name
FANIE EN VAL LEWIES
Date
2006-08-31
Message
SIMON VANDAG WEET ONS ALMAL WAT JOU GEKEN HET JY IS BY JESUS. TANNIE SONIA SAL MOOI NA JOU KYK EK HET HAAR GEVRA OM SAAM MET JOU KRIEKET TE SPEEL JULLE MOET DIT BAIE GENIET
Name
Carina
Date
2006-08-31
Location
Stad/Dorp
Muscat
Message
Liewe van Wyk en Barnard Familie
Woorde ontbreek my,maar ek deel met julle die woorde van die koorwerk waarna ek geluister het Maandagaand net na ek die oproep ontvang het:
Do not stand at my grave and weep I am not there; I do not sleep. I am a thousand winds that blow, I am the diamond glints on snow, I am the sun on ripened grain, I am the gentle autumn rain. When you awaken in the morning's hush I am the swift uplifting rush Of quiet birds in circling flight. I am the soft starlight at night. Do not stand at my grave and cry, I am not there; I did not die.
Mag Simon se mooi herhinneringe vir ewig in almal se gedagtes bly. Hy was 'n diamant wat van onskatbare waarde was. Sy plekkie is nou leeg, maar hy het soveel meer agtergelaat. As ons maar net almal so positief tot die bitter einde kan wees.
Sterkte en vrede vir julle tydens hierdie tyd en die pad vorentoe. Ek sal veral Maandag aan julle dink...
Liefde in Christus Carina
Name
Elritia Le ROux
Date
2006-08-31
Location
Stad/Dorp
Pretoria
Message
Liewe Wouter (jnr) en familie
Ek wens ek kon vir julle 'n draagbaar van liefde en roostakkies bou en dit versier met die jasmynblommetjies van die lente en dit uitrus met sagte fluweelkussings. Ek wens ek kon julle las ligter maak, 'n lig oor julle laat skyn. Maar uit my eie onvermoë dra ek julle aan ons Hemelse Vader op en ek vertrou dat Hy julle sal dra, julle saggies in sy liefde sal toevou, julle trane sal afdroog en sy Lig oor julle sal laat skyn!
Baie liefde. Elritia.
Name
Christa van Tonder
Date
2006-08-31
Location
Stad/Dorp
Pietersburg
Moenie boodskap as "Private" merk
Reg
Message
Dink baie aan julle. Dit moet 'n vreeslike gemis wees. Ek dink veral aan Simon se tweelingsuster, 'n deel van haar is weg. Aan die ander kant,is sy die een wat die lewe ingaan met 'n deel van hom saam met haar. Baie sterkete vir julle almal. Ek vertrou Jesus sal julle sag hierdeur dra. Laat weet as ons met iets kan help. Christa (Brendan se Ouma)