Message | 8 Februarie 2007 Hallo my ou dogterjie, ek het vanaand met jou gepraat, jy het gaan uiteet saam met Pappa en Mamma en jy het vir Ouma vertel dat jy lekker chippies geëet het!!! Ouma kom kuier môre vir jou en dan kan ons lekker gesels. Raai wat? Sondag gaan jy vir Barney ontmoet, Ouma kan nie wag om daardie gesiggie van jou te sien nie en gaan Ouma vir jou afneem sodat jy eendag kan sien hoe jou ou Groot Maatjie lyk, want jy wil nie die TV los nie, want jy kyk net heeldag vir Barney!!! Jy moet lekker slaap vanaand, Ouma sien jou môre. My Poppie is my roosknoppie en Ouma is baie lief vir jou. Lekker doe-doe. Liefies Ouma  |